Instagram

Instagram

Tipe
Gestig 2010[1]
Hoofkantoor Verenigde State
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieInternet
ProdukteGemeenskapswebwerf
Webwerfwww.instagram.com

Instagram is 'n gratis mobiele toep en 'n webwerf wat gebruikers toelaat om foto's en video's met 'n speeltyd van tot 60 sekondes met hul volgelinge of met die publiek te deel.[1] Instagram is deel van die Facebook-onderneming. Die foto's en video's kan digitaal gefiltreer en op die sosiale netwerke gedeel word, soos dié van Instagram self.[2]

Met 'n video word die speeltyd gewys, maar dit kan nie na 'n spesifieke tyd /deel genavigeer word nie.

Die funksionaliteit van die webwerf is meer beperk as dié van die toep. Video's en foto's kan slegs via die toep opgelaai word. Daarbenewens kan 'n lys foto's / video's van 'n rekening slegs in die toep verkry word. Op die webwerf kan die inhoud van 'n rekening slegs in 'n roostervorm vertoon word. Dit is ook nie moontlik om direkte boodskappe via die webwerf na ander rekeninge te stuur nie.

In Junie 2011 het Instagram 100 miljoen fotos gehad wat opgelaai is.[3][4] Dit het gegroei tot 150 miljoen in Augustus 2011,[5][6] en teen Junie 2013 was daar meer as 16 miljard fotos op die diens. In Oktober 2015 het daar meer as 40 miljard fotos bestaan.[7]

Instagram het in Junie 2018 aangekondig dat dit meer as een miljard geregistreerde gebruikers het.[8]

  1. 1,0 1,1 Hu, Yuheng, Lydia Manikonda, and Subbarao Kambhampati. "What We Instagram: A First Analysis of Instagram Photo Content and User Types." Geargiveer 27 Oktober 2016 op Wayback Machine ICWSM. 2014.
  2. Frommer, Dan (1 November 2010). "Here's How To Use Instagram". Business Insider. Besoek op 14 Mei 2012.
  3. Siegler, MG (13 Junie 2011). "At 5 Million Users, It's Hard Not To View Instagram Through A Rose-Colored Filter". TechCrunch (in Engels). AOL. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2020. Besoek op 31 Mei 2017.
  4. Van Grove, Jennifer (14 Junie 2011). "Instagram by the Numbers: 5 Million Users & 100 Million Photos". Mashable (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020. Besoek op 31 Mei 2017.
  5. Siegler, MG (3 Augustus 2011). "The Latest Crazy Instagram Stats: 150 Million Photos, 15 Per Second, 80% Filtered". TechCrunch (in Engels). AOL. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2019. Besoek op 31 Mei 2017.
  6. Hardawar, Devindra (3 Augustus 2011). "Instagram snaps 150M photos, 7M users – still only 4 employees". VentureBeat (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020. Besoek op 31 Mei 2017.
  7. Waxman, Olivia B. (6 Oktober 2015). "Here Are the 5 Most Popular Instagram Photos of All Time". Time (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2019. Besoek op 31 Mei 2017.
  8. (en) Instagram-press.com, 20 Junie 2018: Welcome to IGTV. Besoek op 9 Januarie 2020

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search